Paul Roos Snatches Affie To Appoint Their First Commercial Manager

 

Paul Roos announced the appointment of Mr Pine Pienaar as their new PRG Commercial Manager, effective 1 January 2026.

"Dear PRG Community

We are delighted to announce the appointment of Mr Pine Pienaar as the new PRG Commercial Manager, effective 1 January 2026.

Mnr. Pienaar is tans die Kommersiële Bestuurder by die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria, waar hy oor die afgelope aantal jare uitnemende werk gedoen het.

Die Pienaar-gesin se verhuising na Stellenbosch spruit uit ’n werksgeleentheid vir mev. Pienaar. Die tydsberekening van hul skuif het saamgeval met ’n strategiese besluit van die PRG Beheerliggaam om ’n volwaardige kommersiële kantoor op die been te bring, onder leiding van ’n bekwame en ervare bestuurder.

Die Beheerliggaam het daarom die geleentheid aangegryp om mnr. Pienaar se bewese kundigheid en ervaring in hierdie gespesialiseerde rol te bekom. Die Kommersiële Bestuurder sal primêr verantwoordelik wees vir die ontwikkeling en bestuur van
alternatiewe inkomstestrome, insluitend borgskappe, donasies en vennootskappe, asook vir die implementering van kapitaalprojekte wat daaruit voortspruit.

Mr Pienaar will head up the PRG Commercial Office with the assistance of Mr Frans le Roux, in his role as Marketing and Communications Manager. Mr Le Roux is exceptionally well equipped to drive the school’s strategy around creative marketing, consistent brand management, and effective communication - both internally and externally.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die aankoms van Pine en Marina en hul dogters, Isla en Iné. Ons
wens hulle alles van die beste toe met die groot trek na die Wynlande.

Jannie de Villiers
REKTOR/RECTOR"