My Name Is Thiaan

304

 

This letter was first posted on schoolboyrugby.co.za and was published here with the permission from Thiaan's dad. I hope all parents who reads this will see that a child does not have to be perfect in order to deserve his parents unconditional love and care. He does not have to deserve IT, it is his God given right.

Sometimes it is better to keep quiet and let somebody else tell the story. Here is Thiaan's story as told by his dad.

"Ek lees al die posts op die blog en moet sê is is soms verstom oor wat mense kwytraak. Dit gesê wil ek net reageer op jou stelling van mense wat oordeel sonder dat hul weet wat die werklike situasie is en jammer, dit het eindlik niks met skoolrugby  te doen maar ek gaan tog uitwys hoe wonderlik skoolrugby en skole-gemeenskappe kan wees.

My Storie:

Ek het ‘n outistiese seun. Hy lyk nomaal maar tree nie altyd normaal op volgens baie van ons se standaarde nie. Omdat hy nie kan praat nie sal hy baie gefrustreerd raak en soms gil en homself byt (sy hande) om sy frustrasie te wys. Ons moes baie keer hoor hoe mense sê ons het ‘n stout kind en kan hom nie beheer of disiplineer nie.

Om al die verduidelikings vir onsself makliker te maak het ons vir hom T-shirts laat maak met verskillende gesegdes. 1) Ek is Outisties en nie stout. 2) Ek is outisties, en dan agter op sy rug, Wat is jou verskoning. 3) Outisme in aksie.

Dit het dinge baie gemakliker gemaak en nou wil ek graag aan alle Oakdale leerders, ouers en ondersteuners dankie sê vir die laaste 5 jaar. 

Omdat ons as gesin so mal is oor sport was ons seker by 99% van die wedstryde. Thiaan was elke keer by met sy T-shirt aan en besig om bubbles te blaas. Hy het vir hom self gaan koeldrank haal in die snoepie, slapchips by die ander verkoopspunte. Hy is sonder ‘n woord gehelp en ek moes net die “skade” op die einde van die dag gaan betaal. Vreemdelinge het in die laaste jaar by hom aangekom en vir hom bubbles gebring. Meer mense ken hom as vir my en my vrou.

Nou wil ek by Pinotage aansluit. Wat ‘n voorreg om vir 5 jaar deel van jou seun se sport en skool te kan wees en dankie aan ouboet dat jy altyd vir Thiaan beskerm het en nooit vir hom skaam was nie. Dankie aan Oakdale dat ons almal deel van jou familie kon wees en altyd sal wees.

Lekker dag almal!!