Monnas Reply On Hans Coetzee’s Contract Termination.

96

 

Social media was busy today discussing the article as published by Suparugby on their facebook page.

"Die Hoërskool Monument het vandeesweek in ‘n skokbesluit, enkele dae nadat hy met ‘n skitterende oorwinning oor een van Suid-Afrika se grootste skole behaal het, besluit om die mat onder sy direkteur van rugby en een van die voorste afrigters in die land uit te pluk.

Hans Coetzee, die argitek van die oorwinning oor Glenwood, wat al op Superrugby-vlak, Curriebekervlak en die SA Skole-span afgerig het, sit aan die einde van die jaar sonder werk.

Coetzee het ‘n uitstekende CV en mens kan nie help om die vraag te vra of Monnas se besluit nie deur ‘n pesoonlike vendetta gedryf is nie.

Glenwood was voor Saterdag onoorwonne die seisoen, het meer as ‘n halfdosyn spelers in die Sharks se Cravenweekspan en het pas die Sanix Wêreldkampioenskap in Japan gewen.

Dat Coetzee die skoknuus meegedeel is kort nadat sy span Glenwood 40-15 geklop het maak nie sin nie, in elk geval nie rugbysin nie.

Monnas druk vanjaar byna ses drieë per wedstryd en leef Coetzee se filosofie uit. Die Wesranders het Waterkloop ook in ‘n TV-stryd afgeransel.

Die beheerliggaam wou op Coetzee se versoek geen redes vir hul besluit bekendmaak nie."

On request Monnas send us this reply on this whole issue : 

PERSVERKLARING

8 Junie 2016

Die beheerliggaam van Hoërskool Monument reik hiermee die volgende verklaring uit na aanleiding van na vrae rondom die pos van die direkteur van rugby:

  1. Die beheerliggaam spreek sy waardering uit teenoor alle rolspelers, wat aller eers inligting inwin, alvorens hulle artikels publiseer rondom die gebeure.
  1. Die beheerliggaam bevestig hiermee dat daar reeds gedurende November 2015 aan die rugby direkteur meegedeel is dat sy kontrak aan die einde van 2016 verstryk. Die doel was juisdat die rugbydirekteur ‘n jaar tydperk gegun word vir toekoms beplanning. Derhalwe is dit dus geensins ‘n skokbesluit soos op  sosiale media beweer word nie.
  1. Desnieteenstaande die besluit geneem in November 2015, het die rugby direkteur die beheerliggaam gedurende 2016 versoek om sy kontrak te verleng. Die beheerliggaam het die versoek van die hand gewys.
  1. ‘n Toekomsgerigte besluit is geneem. Die beheerliggaam het die prerogatief en verantwoordelikheid om strategiese besluite te neem tot voordeel van die skool.
  1. Die beheerliggaam het die grootste lof en waardering vir meneer Hans Coetzee en bedank hom graag vir jare se toewyding en lojaliteit jeens Monnas. Ons wens hom alle sterkte toe vir die toekoms.
  1. Die beheerliggaam beskou hierdie aangeleentheid as afgehandel.

We as schoolboy rugby supporters will certainly miss Oom Hans at Monnas, and I am sure the old man will miss Monnas too. Understandably we will always compare the era of Hans and after Hans and sometimes be critical of this decision. However Monnas and their management over the years proved to be very successful and their integrity beyond doubt, always putting Monnas first. Monnas and Oom Hans we will be watching you.